Ek het ‘n huishulp selgroep by my huis begin 2 jaar terug, hier in Sonstraal, Durbanville. Die groep het met 8 inbly huishulpe begin, en vandag het ons 27 op die lys en daar kom gereeld ‘n nuwe persoon kuier. Daar’s gemiddeld so 17 vrouens ‘n week wat bywoon. My huis het in die laaste ruk te klein begin raak vir die groep. Die groep word huidiglik gelei deur Charmyne Engelbrecht, wat voltyds in bediening staan by Christ Embassy in Kaapstad.
Die vrouens word opgerig om Jesus voluit te dien, leiers in hul gemeenskap te wees en ook in te tree vir hul werkgewers en hul gesinne. Hulle is passievol oor Christus en ons kan getuig van God se liefde en guns. Vir party vrouens is dit die enigste geleentheid om kerk by te woon. Ons vertrou dat dit sal verander.
Ons benodig ‘n saal/ klaskamer vir Dinsdae aande wat ten minste 30 vrouens kan akkomodeer. Verkieslik met ‘n TV en dvd speler sodat ons kan worship en preke kan kyk. Ons sal dankbaar wees as dit in Durbanville area, of in Welgemoed area kan wees. Ons benodig ook taxis wat die persone kan op-en aflaai. Die vrouens is meer as bereid om te stap, maar in die winter reen dit baie keer, en vir veiligheidsredes wil ons ook nie he hulle moet 21h00 in die aand huistoe stap nie. Christ Embassy sal selfs bereid wees om vir die taxi bestuurders te betaal elke week, ons soek net betroubare drywers wat ekstra geld wil maak en tot 21h30 kan rondry op Dinsdaeaande. Ons het reeds een bussie wat 8 mense kan vat, maar ons benodig nog 2. Huidige groep vrouens kom meestal uit Sonstraal, Durbanville, Eversdal, ‘n paar uit D’urbanvale en ‘n paar uit Welgemoed.
Carine Kruger
021 975 9972
082 375 3370
carine.kruger@yahoo.com
No comments:
Post a Comment