Monday, July 19, 2010

HUIS JABEZ DINEE - ONDERSTEUN ASB!

SOS Trust Jaarlikse Dinee, in samewerking met Sanlam

U word vriendelik uitgenooi na die jaarlikse dinee van die SOS Trust, ‘n gemeenskapsgebaseerde welsynstrust, ten bate van Huis Jabes.

Datum Vrydag, 23 Julie 2010
Tyd 19:00 vir 19:30
Plek Eensgezind, Durbanville

Seremoniemeester:
Dieter Voigt
Pasella-aanbieder

Gassprekers:
Dr. Braam Hanekom
Predikant, Skrywer en Kundige op die gebied van leierskap

Kobus Swart
Streekhoofbestuurder – Sanlam : Wes-Kaap

Monique Strydom
Motiveringspreker

Koste per kaartjie: R300
Drag: Elegant
Meld asb. enige dieetvoorkeure.

Navrae: Adri Klindt, sel. nr. 083 564 3313

Terugvoer - Junie Vergadering

Hallo alle goeie Vroue

Baie dankie aan elkeen van julle wat in die gietende reen julle weg oopgesien het om Dinsdag te kom.Dankie ook aan elkeen wat verskoning gemaak het. Ons mis die bekende gesigte en wag vir die nuwes omte kom.

WELKOM :
Baie welkom aan Edwina en Susan wat beide met mishandelde vrouens werk.

GOEIE NUUS:
Huis Jabes hulle huis gaan behou deur 'n weldoener.
Maragret 'n meisie na Options kon verwys om te herbesin oor aborsie.

HULP BENODIG:
Susan soek nog 'n skuiling in die omgewing van Kraaifontein waarheen sy noodgevalle kan stuur. Sy beraadvroue in die traumakamers van die SAP in Kraaifontein.

BEMARK:
Onthou asb om die blogspot te gebruik tot jou voordeel. As jy nie weet hoe nie, stuur maar net vir my die inligting aan.

VOLGENDE VERGADERING:
Dinsdag 27 Julie om 15h30

Kom ons bid vir mekaar en hou mekaar se arms omhoog!

Ingrid