Ons Veilige Huis vir vroue en kinders wat slagoffers van gesinsgeweld is, is op ‘n stadium waar baie dinge besig is om te gebeur. Soos julle dalk weet het ons altyd net die huis in die noordelike voorstad gehuur, die eienaar het besluit om nou hom permanent in Australië te vestig en wil van sy eiendom so gou moontlik ontslae raak. Dit het ons in die situasie geplaas dat ons verplig is om die huis te koop.
Die huis is so goed geleë, en boonop nog uitstekend uitgelê vir die doel waarvoor ons dit gebruik, elke kamer het omtrent sy eie badkamer, wat die vrou en haar kinders hul privaatheid gun.
As ‘n artikel 18 geregistreerde organisasie waar donateurs hul donasie kan aftrek van belasting wil ek weer eens ‘n versoek rig om ons finansieël by te staan. Dalk weet u van iemand wat ons kan help, wat ons ook kan nader. Ons kry geen subsidies nie.
Verder, hierdie is dalk ‘n effense kleiner probleem (letterlik en figuurlik kleiner), het ons 2 vrouens wat onderskeidelik in die volgende maand geboorte moet gee aan ‘n seuntjie en die ander aan ‘n dogtertjie.
Ons benodig babaklere, doeke, en alles wat kan help om so ‘n dingetjie meer welkom te kan laat voel. Ons huis het darem een bababedjie.
Ek was nog nooit bang dat Huis Jabes se deure sal toemaak nie, aangesien ek oortuig is dat God net die lig wat ons nodig het vir presies daardie oomblik wanneer ons dit nodig het sal gee. In sulke tye wandel ek ten volle in die geloof, nie in staat om die toekoms te sien nie en sonder om die verlede ten volle te verstaan.
Baie dankie dat jy bereid was om hierdie epos versoek te lees en moontlik sal oorweeg om vir ‘n paar goedhartige mense aan te stuur.
Groete
Adri Klindt
0835643313
Of 021-9816413
ABSA Rek no 4070981810, takkode 632005,
Rek naam : SOS Trust (tjekrekening)
No comments:
Post a Comment