Saturday, February 27, 2010

Boodskap van Ingrid

Liewe Vriendinne. Aan almal wat by ons eerste byeenkoms was, baie dankie en die wat dit nie kon maak nie, ek kan nie wag vir volgende keer nie - en julle mag dit nie mis nie.Wat 'n inspirasie was die eerste byeenkoms nie gewees nie. Dit was wonderlik! om te sien hoe Vader vroue bemagtig om te dien in Sy Koninkryk en vir my was die mooiste om te sien hoe beskikbaar elke vrou haarself stel om net nog meer en meer van haarself te gee. Die deernis en die omgee en die deel met mekaar was kosbaar. Ons kon reeds via die blogspot met mekaar goed uitdeel en uitruil.Ek sit solank die inligting van diegene wat by die byeenkoms was op 'n spreadsheet en sal dit binnekort na almal aanstuur.Onthou Vader hou Sy hand [yad] oor ons, en ons is Sy hand [yad] hier op aarde, so kom ons hou mekaar se hande vas en wees die sterkste wat ons kan wees teen die aanslae van die wereld op God se kinders.Onthou - dagboek sommer noual Dinsdag 30 Maart om 15h30.Liefde, vrede en vreugde vir elkeen.

No comments: